Feedback Form
Terug na bo
 
Siltra Consulting - Plaaslike Loopbaan en CV hulpverlening aan die Wes Kaap  -virtueel hulpverlening aan ....die wêreld!

Siltra Consulting CC
N1 Stad, Goodwood, Tel: +27 079 185 5323,  Faks: 086 518 8754

Privaatheidbeleid: Dit is eenvoudig.  Ek respekteer jou privaatheid en is verbind tot beskermingsbeginsels tov privaatheid.

Waarborg: Ook eenvoudig.  Ek sal aanhou totdat jy 100% tevrede is - so nie jou geld terug.


Copyright© 2006 Siltra Consulting CC
Alle regte voorbehou. Reproduksie sonder toestemming nie toegelaat - Moet dit net nie doen nie!

Ek is bevrees ek kan nie daardie CV vir iemand stuur nie - hulle sal my outomaties aanstel!  Whaw!  Dit is stunning.  Baie baie dankie - was regtig huiwerig om dit te stuur - maar het toe!  Sal jou laat weet wat gebeur. 
Vreeslik dankie vir al jou moeite en inspirasie - ek vertel vir almal van hierdie vrou wat my pad gekruis het en al die wyse waarhede waaroor jy gesels het.
Christine Wessels
Hallo Sileen
Baie dankie vir my cv. Ek is 200% tevrede. Glo my as ek jou kan aanbeveel sal ek nie huiwer nie.
Dankie -Jan Nel
Baie dankie vir die pragtige werk ek hou hier van.
Groete. Dankie Muriel
Jissieee!!!..... van wie skryf jy hier? Dit is so spoggerig ek herken myself nie eers nie.
Baie dankie vir die CV. Sal jou laat weet indien ek suksesvol was.
Groete - Drienie
Hello Sileen
Jammer dat ek nou eers terug voer gee vir jou.Die CV wat jy vir my gedoen het is perfek vir my.Baie dankie vir al jou moeite. Lelanie
Die volgende terugvoering is bewys dat ek die voorreg het om met wonderlike unieke mense te werk:
Siltra Consulting
Ontmoet jou CV opsteller: Sileen Foot

WELKOM EN DANKIE VIR DIE BELANGSTELLING IN MY GESPESIALISEERDE DIENSTE.

Sukkel jy om jou CV te verander? Het jy dalk glad nie ‘n CV nie? Gesels met iemand wie weet waaroor dit gaan.
Ek is ‘n ervare gespesialiseerde CV opsteller wie weet hoe om al die besonderhede en informasie saam te stel om ‘n indrukwekkende aanbieding voor te lê sodat jy jou mikpunte en doelstelling kan bereik.  Dit is waarom elke CV ‘n persoonlike kunswerk is.

Ek bied ‘n hoogs gespesialiseerde diens wat verseker dat die CV aangepas word om jou individuele profiel en omstandighede uit te beeld en dit verseker dat jou kanse om genooi te word vir ‘n onderhoud aansienlik verbeter.  Wanneer jy die herwerkte dokument ontvang, sal jy opgewonde en gretig wees om jou CV uit te stuur.  Ek maak seker dat jou CV daardie WOW indruk skep.

Hierdie hoogs gespesialiseerde diens word vir die volgende kategorieë verskaf:
Ø Spesialis poste
In jou hoedanigheid as ‘n ervare uitvoerende beampte, benodig jy ‘n gespesialiseerde CV wat jou ervaring met produktiwiteit, winsgewende en voortgesette groei demonstreer.
Ø Bestuursposte
Jou gespesialiseerde CV moet weerspieël dat jy konstant geleenthede benut en resultate lewer ten einde oortuigend waarde te skep.

Jou CV moet jou uitbeeld as ‘n visioenêre leier, realistiese bestuurder wat kan beplan, uitvoer en leiding gee en ‘n persoon wat seker maak dat die eindproduk altyd die maatskappy se doel in ag neem.
Ø Gesoute werkers
As 'n bekwame professioneel, benodig jy 'n gespesialiseerde CV om beide die breedte en diepte van jou weet-hoe te demonstreer. Jou CV behoort die vlak van jou tegniese of professioneel vaardighede en die vermoë om probleme op te los uit wys asook die breër interpersoonlike en administratiewe vaardighede toon.
Ø Eerste keer werksoekers en studente
In die vroeë stadium van jou beroep, is dit belangrik om op jou ondervinding en die kwaliteit te fokus, liewer as die hoeveelheid. Jou CV behoort duidelik te toon dat jy die vermoëns, motivering en sterktes besit om nuwe verantwoordelikhede aan te neem.
Ø Beroep Bevordering
Indien jy op soek is na bevordering, sal die gespesialiseerde CV demonstreer hoe jou prestasies en vaardighede van toepassing is op die nuwe pos.
Ø Beroepsverandering
Indien jy van beroep wil verander, sal die gespesialiseerde CV alle oordraagbare vaardighede van onlangse opvoeding of vorige werke uitlig soos dit toepaslik is op die nuwe beroep.

Vertrou iemand wat weet waaroor dit gaan
... met radio onderhoude op RSG en geskrewe kliënte terugvoer.

Wat maak my beter as die res?  My passie vir my werk, die trots waarmee ek my werk doen, my jare lange ondervinding in werwing, klantedienste en my lewenslange soektog na die waarheid. En omdat ek weet dat elke persoon kan doen met hulp wanneer dit kom by CV skryf.

Onthou - die enigste manier om die wêreld te verander, is om jou sienswyse omtrent die wêreld te verander!

Jy kan jou lot bekla, OF jy kan my kontak en saam kan ons die proses begin om jou tot jou volle potentiaal te laat groei.

*****************************************************************************

Geniet asb die tyd hier op my webwerf.  En net om duidelik te kry, hierdie vertaling is uit die hart gedoen en nie uit ’n boek nie.

Indien jy enige ander inligting verlang, e-pos my sommer dadelik.  Hier word niks outomaties gedoen nie, dis 'n lewende wese met wie jy kommunikeer en ek wil graag jou sienswyse hoor.
My Belofte aan Jou

1. Om almal wat na my kom respekvol en met nederigheid te bedien

2. Om jou reg op privaatheid ten alle tye te respekteer


3. Om jou verwagtinge ten ally tye te oortref

4. Daadwerklik op te tree om enige negatiewe diens so gou moontlik uit te wis deur "Erkenning, Aanvaarding en Reg te Maak"

5. Om al my werk met trots te doen, aangesien dit 'n weergawe van Siltra Consulting is

Soek Afrikaans is'die eerste ware Afrikaanse soek enjin
Soek Afrikaans
SPLINTER NUUT!
Hier kan jy jou sê sê oor dinge wat pla of nie
Klik op die prent of gebruik die "Sê
Wat Blog" Opsie
PS - Ek stel nie belang om CVs by die dosyne te skryf nie.  Ek is ‘n gesoute professionele persoon wie glo dat elke CV wat my hande verlaat, ‘n Kunswerk is en ek is trots daarop.
Gesels sommer vandag nog met my deur die skakel hieronder te klik. Ek sien uit daarna om met jou kennis te maak.