Share |
 
Waarom 'n professionele CV?

Wanneer laas het jy jou CV opgedateer? Het jy dit al ooit tot op hede gebring? Hoe 21st eeu is jou CV of het dit nog altyd wawiele aan? Verkoop jou CV jou regtig? Of maak dit jou net oud? Benodig jou CV ‘n opkikker?

Om die werksoekproses te begin onthou dat jy die produk is wat bekendgestel moet word aan die maatskappy en die doel van jou CV is om te wys wat jy vir hulle kan doen.  Jou CV is nie ‘n werk beskrywing nie; dit is ‘n bemarkingsdokument.

Meeste mense is bewus van die ou standaard formaat van die CV - kontak besonderhede, opvoedkundige kwalifikasies en werkgeskiedenis, maar watter informasie beïndruk die werkgewer genoeg dat jou naam op die kortlys sal verskyn?  Die tegnologiese era het baie veranderinge gebring en daarom moet die CV ook aangepas word.  Ongelukkig is daar nog baie mense wat dit nie doen nie.  En dan praat ons nie eens van al die ekonomiese verandering nie.  Dit is genoeg om ‘n mens moedeloos te maak, maar dit is waarom ek hier is.

Dit is tyd dat die ou grafsteen formaat vir eens en altyd ter ruste gelê word. Dat daar nog steeds mense is wat glo dat dit die enigste formaat is, gaan my verstand te bowe.  Hoe het ons op alle ander vlakke verander, maar hier bly vassteek soos ‘n steeks donkie?

Wanneer jy krities na jou ou CV kyk, is jy enigsins beïndruk met die informasie of formaat?   Laat dit jou goed voel oor jouself en wil jy dit regtig gebruik?

Ek kan jou belowe nadat ek jou CV herwerk het, gaan jy die “WOW” gevoel ondervind wat sal maak dat jy dit wil wegstuur.

Hierdie belangrike dokument moet wys hoe dinamies jy is, waarom jy genooi moet word vir die onderhoud.  Moet nie bang wees om aandag te trek nie, dis die enigste manier om sukses te smaak.  
Dit is nie ‘n persoonlike dokument soos jou ID nie, dit is nie ‘n werkaansoek nie, dit is nie jou beroep doodsberig nie en dit is nie ‘n belydenis nie.

Hoeveel bladsye het jy nodig om jou storie te vertel?  Jare terug, toe ek my loopbaan begin het, was die een bladsy CV vir die persoon wie net skool klaar gemaak het.  Toe was ‘n ellelange CV ‘n toonbeeld van jou werkgeskiedenis en iets waarop jy kon trots wees.  Vandag word CVs oor die algemeen nie vêrder as die eerste bladsy gelees nie en word dit net vinnig deurgekyk.  Jy moet seker maak dat jy aandag trek van die begin af.

Nieteenstaande wat ander te sê het, is dit net nie moontlik om ‘n goeie CV oornag op te stel nie. Veral nie as jy ‘n ervare werker is nie.  Dit is hoekom ek twee tot drie dae nodig het om jou professionele CV op ste stel.

Oor die algemeen is die informasie op die eerste bladsy glad nie relevant tot die posisie waarvoor jy aansoek doen nie.  Volgens ons arbeidswetgewing is daar baie van die informasie wat op die ou formaat CV verskyn wat glad nie nodig is nie en wat teen jou gebruik kan word.  Daar kan selfs teen jou gediskrimineer word. Het jy al deur die verskeie dokumente gelees?
Vind dit hier
<http://www.labour.gov.za/>

Die enigste manier om te verseker dat jou CV voldoen aan al die regte vereistes, is om ‘n professionele CV skrywer te nader.
Almal weet dat dit ’n goeie idee is om jou CV op datum te hou, maar hoeveel van ons doen dit gereeld?  Sodra ons begin werk, dink ons nie weer aan die CV nie, tot jare later wanneer ons dit weer nodig het. En hoeveel tyd word dan daaraan spandeer?  Deur gebruik te maak van my dienste, verseker jy dat jou CV professioneel opgestel word en kan dit moeitevry op datum gehou word.

Jou CV se doel is om te verseker dat jy vir ‘n onderhoud genooi word.
Om ’n CV te skryf is nie ’n vinnige en eenvoudige taak nie; daarom is ’n deeglike proses nodig.  Indien jy genoeg tyd daaraan bestee en ’n deeglike werk daarvan maak, kan die CV bydra tot die ontwikkeling van jou loopbaandoelwitte, jou voorbereiding vir werksonderhoude en die verbetering van jou selfbeeld.  Moet asseblief nie wag tot op die laaste oomblik om ’n haastige CV saam te stel nie, dit mag jou die onderhoud en werkgeleentheid kos.


"Almal kry die voorreg om onnosel te wees, net jammer party maak misbruik daarvan."

‘n CV, maak nie saak hoe goed opgestel nie, is NIE die antwoord op al jou werksoek probleme nie!

Om te verseker dat jy suksesvol is moet jy beplan.


Die ou cliché dat dit gaan om wie jy ken en nie wat jy weet nie, blyk steeds waar te wees, ook aan die werksoek front.  Navorsing dui daarop dat om jou CV arbitrêr aan moontlike werkgewers te stuur een van die mees ondoeltreffendste maniere is om werk te soek.  Dit het 'n 7%-kans op sukses. Om jou CV op die internet te pos, is net 1% suksesvol.

Ook om te reageer op advertensies wat werk in jou betrokke veld adverteer in professionele of handelsjoernale en koerante, is bra ondoeltreffend. Net 7% van die mense wat só soek, kry 'n pos.  Dit is glad nie ‘n goeie idee om ‘n derde party tussen jou en jou verkose posisie te plaas nie.  Jy moet te alle tye in beheer wees van die proses. Om ‘n dekbrief as onnodig af te skryf maak jou kanse net skraler.

Werksoekers, daarenteen, wat gebruik maak van persoonlike kontakte - hetsy vriende, dosente, professionele kennisse of familielede - het 'n baie groter kans om werk te kry. Amper die helfte van die mense wat op dié manier werk soek, is suksesvol. Wanneer ons na maniere om werk te vind kyk, sal ons hopenlik jou brein stimuleer met nuwe idees en dan kan ons ‘n plan vir jou uitwerk.


Wanneer jy seker is oor wat jy wil doen of wees, moet die volgende faktore nagevors word:

*  Is daar ‘n aanvraag vir jou vaardighede of moet jy nuwes aanleer?

*  Huidige tendense in die arbeidsmark
*  Waar soek jy na werk
*  Wie sal na jou CV kyk
*  Hoe voorbereid is jy op die onderhoudproses
*  Hoe gaan jou referente reageer


Volg dit op met informasie inwinnings oproepe om inligting te bekom oor die organisasies wat relevant is in jou veld; dan die gebruik van persoonlike kontakte by die organisasie waarvan jy hou, vir 'n bekendstelling aan die "persoon wat werklike invloed het om jou aan te stel" - en dit is gewoonlik nie iemand wat by die departement van menslike hulpbronne werk nie.  Al dié moeite gee werksoekers wat dié roete volg, 'n 86%-kans op sukses.

Natuurlik is dit ook baie belangrik dat jou kop reg is wanneer jy begin werk soek.  Dit gaan jou nie help om ‘n indrukwekkende CV te hê as jou kop vol negatiewe gedagtes is nie.

Kyk na die punte hieronder om jou te help:

* Om werk te soek is om jou en jou vaardighede te bemark.
* Weet hoe jou vaardighed die werkgewer kan help.
* Om werk te soek is ‘n werk - dit neem tyd.
* Volg jou plan, maar wees aanpasbaar.
* Moet nie ophou totdat jy suksesvol is nie.

Dit help om ‘n bietjie self ontleding te doen, so identifiseer en skryf al jou vaardighede, kundigheid, belangstelling, waardes, behoeftes en werk gewoontes neer. Nadat jy jou persoonlikheid beskryf het, gaan jy dit veel makliker vind om die regter werk en werkgewer te gaan soek.

Wat wil jy graag doen? Watter tipe werk geniet jy? Watse tipe werkgewer is reg vir jou? Is jy bereid om te trek vir jou werk, al is dit ook oorsee?

Wanneer jy al die vrae hierbo beantwoord het, sal jy baie makliker jou teiken mark kan identifiseer en dan die nodige stappe kan neem om jou drome waar te maak.

Om ‘n “job” te vind is maklik, om jou beroepskeuses te maak, verg beplanning.  Die proses begin die dag wanneer jy besluit wat jy regtig wil doen. 

Maar ware geluk sal slegs gevind word wanneer daar balans in jou lewe is.  Alles wat jy nog ooit wou weet oor hoe om 'n balans tussen werk en jou lewe te handhaaf word in die volgende
E-kursusse uiteengesit.  Maar onthou, hierdie proses is slegs vir wenners bedoel!!!
.
Terug na bo
Privaatbeleid
Waarborg
Kopiereg
South African flag
Lyk jou CV nog so?
Siltra Consulting your professional CV writers
[Tuisblad] [Agter die Skerms] [Advies en Raad] [Bepaal jou toekoms] [CV opstelling]
[Free Evaluation] [Engels] [Waar soek jy werk] [Kontak ons] [Sê Wat Blog ]