Share |
 
Terug na bo
 
Hier is ’n metode om jou te help op die pad na sukses

"As jy vir jouself kan lag dan het jy altyd iets om oor te lag."

1   Gaan kyk in die spieël - dis die enigste persoon verantwoordelik vir jou sukses.  Glimlag!  Niemand anders is die oorsaak of gevolg van jou sukses nie.  Neem verantwoordelikheid!

2   Glimlag vir jou weerkaatsing - suksesvolle mense is opgeruimd, optimisties en vooruitdenkend. Selfs al dink jy daar is niks om oor te glimlag nie, doen dit nog steeds.  Positiewe denke jaag negatiewe weg.  Dit is moeilik om swartgallig te wees wanneer jy glimlag.

3   Positiewe selfrespek is die grondslag vir sukses.   Wees trots op wie en wat jy is, wat jy al vermag het, en moet nooit mislukking ’n kans gee nie.  Leer uit jou foute, maar moet nie dat dit jou denke oorheers nie. 

Glo in jouself - jy is hier vir ’n doel.  Vind jou missie en streef daarna om dit te leef en beleef.

5   Begeer om suksesvol te wees - besluit nou dat jy sukses sal wees en glo en vertrou dat dit gaan gebeur.

6   Omring jouself met ander suksesvolle mense - na-aap hulle, begin dink soos hulle, maak keuses soos suksesvolle mense (sal jy jou bonus belê of gaan uitmors by die casino?


7   Bly weg van swartgallige mense - moet asseblief nie lank in negatiewe mense se geselskap vertoef nie.  Hulle het ’n nare uitwerking op ander en sal probeer om jou ook swartgallig te maak. 

Doen iets waarvan jy hou en wat jou genot verskaf.  Daar is geen goeie rede om frustrerende, vervelige, ongesonde, onproduktiewe take te verrig nie.

9   Skryf jou missie van jou volmaakte lewe neer - wees baie spesifiek.  Visualiseer jou perfekte lewe elke dag en neem dan aksie om dit joune te maak.

10  Skryf jou belangrikste doelstelling neer - die een ding wat jy die graagste wil doen of hê.  Skryf dit in die hede, “Ek is……”, “Ek het……..”, “Ek doen………”.  Sukses gebeur wanneer jy besluit dat dit joune is.  Lees elke oggend en aand jou doelstelling.  Vertel jou vriende en familie daarvan.  Maak dit ’n waarheid in jouself.  Neem aksie om dit te bereik en moet nooit tou opgooi nie.

11  Bestudeer die wetenskap van sukses.  Lees boeke, luister na opnames, kyk na videos en positiewe TV programme.  Praat met suksesvolle mense en vra hulle wat hulle gedoen het  om dit te bereik.  Vul jou gedagtes met positiewe denke, begin lewe soos ’n suksesvolle persoon.

12  Doen elke dag een ding om jou nader aan jou doel te bring.  Om ’n suksesvolle atleet te wees verg elke dag harde werk, so ook om ’n suksesvolle mens te wees.  Moet nooit tou opgooi nie.  Jy kan slegs faal as jy ophou probeer.  Sukses gebeur nie oornag nie, besef dit.  Aanhouers wen en wenners hou aan.
Bedank die Regte Manier

*  Is daar regtig ‘n regte manier om te bedank?  Volg die riglyne hieronder vir ‘n pynlose bedanking.

*  Doen dit self. Reel ‘n onderhoud met jou bestuurder en verduidelik dat jy gaan bedank.  Maak seker dat jy jou kontrak nagegaan het om die sien wat jou bedankingsperiode is.

*  Moet nie kla en onbeskof word nie.  Hou dit simpel en hou emosies in jou sak.

*  Wees bedag op e-posse en wat jy daarin sê.  Jy weet nooit deur wie dit gelees word nie.

*  Doen ‘n deeglike oorhandiging.  Verseker dat alle werk op datum is en laat instruksies vir enige werk wat nog gedoen moet word.

*  Bedank jou bestuurder en die maatskappy.

*  Moet nie jou brug verbrand nie.  Net soos jy ander werk soek, mag jou baas dalk eendag weer jou baas wees.
Los maar hierdie dinge wanneer jy werk soek!

Jy besluit vandag is die dag wat jy genoeg gehad het, jy gaan vir jou ander werk soek.

Moet nie bedank voordat jy ander werk gevind het nie.  Dis is ’n feit dat dit veel makliker is om werk te vind terwyl jy werk.  Ek glo dit het iets met ons instelling te doen, maar wat dit ook al is, gee gehoor hieraan.

Moet tog nie aan almal verkondig dat jy ander werk soek nie.

Moet nie die maatskappy telefoon of faks of epos gebruik nie.

Moet nie die maatskappy internet toegang gebruik om navorsing te doen nie.

Gebruik jou selfoon as kontak nommer en nie die maatskappy nommer nie.

Wees gereed om te verduidelik waarom jy ander werk soek -
MAAR maak seker dat jy nooit krities teenoor jou werkgewer of mede werkers is nie.

Probeer om onderhoude so te reël dat dit nie impak op jou werktyd nie.  Gebruik jou etensuur, na of voor werk of oor ’n naweek.

Indien jy suksesvol is, maak seker dat jy jou bedanking betyds indien en verduidelik ook aan die nuwe werkgewer wanneer jy sal beskikbaar wees. 
ONDER GEEN OMSTANDIGHEDE is dit aanvaarbaar om sommer jou goed te vat en te loop nie.

Indien jy vind dat die onderhoud langer neem as wat jy gereken het, of as dit laat begin het om welke rede ook al, en jy moet die onderhoud beëindig, moet nie sleg voel nie.  En as die onderhoudvoerder dalk nie gelukkig is met die verloop van sake nie, vra jouself die vraag of dit ’n maatskappy is waar jy regtig wil werk. 
Privaatbeleid
Waarborg
Kopiereg
Siltra Consulting
South African flag
Onbillike ontslag: Hoe om 'n dispuut na die KMVA (CCMA) te verwys

Wat staan jou te doen as jy voel dat jy onbillik ontslaan is? 

Afhangende van die sektor/ industrie waarin jy werksaam is, sal jy die Kommissie vir Bemiddeling, Konsiliasie en Arbitrasie (KBVA) en/of die betrokke bedingingskamer moet kontak. Indien jy nie seker is in watter sektor jy val nie , kan die KBVA (CCMA) telefonies gekontak word by 0861 161616.

Alvorens jy 'n saak na die KBVA verwys is dit nodig dat jy die volgende in gedagte hou:

1.  Die KBVA is gratis en daar is geen kostes aan verbonde om 'n saak vir bemiddeling te verwys nie;

2.  Dit is nie nodig om 'n arbeidskonsultant of prokureur te raadpleeg ten einde 'n saak te verwys nie;

3.  Die blote feit dat 'n regsadviseur die nodige administrasie doen, is nie genoegsame rede om 'n positiewe resultaat te waarborg nie.

Diegene wat 'n saak na die KBVA wil verwys moet die vorm LRA 7.11 voltooi. Hierdie dokument is gratis beskikbaar by die kantore van KBVA en kan ook afgelaai word by www.ccma.org.za.

Die vorm is gebruikers vriendelik en bestaan uit slegs 5 bladsye. Persone wat probleme ondervind om die vorm te voltooi kan by die KBVA en/of die Departement van arbeid aanklop vir hulp.

Dit is belangrik om daarop te let dat die vorm binne 30 dae vanaf datum van afdanking verwys moet word.  Na voltooiing van vorm LRA 7.11 moet die persoon wat die dispuut verwys die werkgewer in kennis stel van die verwysing.

Daar is verskeie maniere om dit te doen: deur middel van 'n geregistreerde bewys van die Poskantoor; erkenning van bewys deur middel van 'n handtekening dat die werkgewer ontvangs erken het; om die nodige dokumente na die werkgewer deur te faks en die teen blaadjie as bewys na die naaste kantore van KBVA saam met die vorm deur te faks.
Siltra Consulting your professional CV writers
[Tuisblad] [Agter die Skerms] [Advies en Raad] [Bepaal jou toekoms] [CV opstelling]
[Free Evaluation] [Engels] [Waar soek jy werk] [Kontak ons] [Sê Wat Blog ]