Share |
 

 
.
Ouer werksoekers het waarde

Dit is algemeen bekend dat ouer werkers onskatbare waarde het in die werksplek, maar dat dit die een groep is wat dit baie moeilik vind om die werksmark te betree.  Daar is ’n vrees vir diskriminasie en dit vreet natuurlik aan jou selfvertroue.

Maar daar is tog ’n paar dinge wat jy kan doen om die bordjies te verhang:

1.   Hoe gesond lyk jy?  Hoe gesond is jy?

2.   Watter ervarings en vaardighede het jy?

3.   Kan jy kritiek en toesig van ’n jonger persoon hanteer?

4.   Hoe op datum is jy met die nuutste tegnologie?

5.   Wanneer laas het jy ’n kursus bygewoon om jou kennis uit te brei?

6.   Is jy bereid om op ’n laer trappie te begin?

7.   Is jy fisies nog fiks?

8.   Hoe is jou interaksie met jonger mense?

9.   Watter indruk skep jy met jou voorkoms?

10.  Is jy bereid om nuwe idees te aanvaar?

11.  Hoe bereid is jy om te verander?

Elke ouderdomsgroep het unieke probleme - te jonk, te oud, te veel ervaring, te min ervaring, familie probleme, en nog vele meer.  Die enigste manier om sulke probleme te oorkom is om te besef dat dit bestaan en voor te berei.  Hoe jy die probleem hanteer sal die verskil maak tussen sukses en mislukking.

Terug na bo
Tydens die onderhoud:

1   Moet nie dat ouderdom ’n probleem word nie.  Sorg dat jy gepas aantrek (nie te oud nie en ook nie te jonk nie).  Die feit dat jy vir ’n onderhoud genooi is, behoort te wys dat ouderdom nie ’n probleem is nie.  Moet dit nie tydens die onderhoud noem nie - onthou die probleem mag dalk net in jou gedagtes wees.

2   Maak seker dat jy ’n professionele beeld voorhou.

3   Luister na die vrae en antwoord daarvolgens.  Hou dit kort en kragtig - moet nie te veel praat nie.  Dit kan jou die onderhoud kos.

4   Bring jou vaardighede na die tafel.  Wys waarom jy die beter kandidaat sal wees vir die pos.

5   Indien jy die ouer persoon is, maak seker dat die onderhoudsvoerder gemaklik en ontspanne is.  Gebruik jou talente.


6   Wees voorbereid met vrae van jou eie.

7   Glo in jouself.  Die enigste rede waarom so min mense kan spog is omdat hulle self nie glo dat hulle werklik so goed is nie.


Sukses gebeur nie oornag nie.  Om suksesvol te wees verg beplanning.  Dit is redelik maklik, maar dan moet jy bereid wees om by jou plan te hou.  Sukses begin met een tree op ’n slag.

Advies vir oor 40’s

Nieteenstaande alles wat jy mag glo oor te oud wees na 40, diegene wat weet wat hulle wil hê en genoeg motivering het om dit te bekom, is diegene wat nie sukkel om werk te kry nie.
Om ‘n betekennisvolle toekoms te hê het baie min te doen met jou werksgeskiedenis of jou verlede, maar soveel van ons spandeer waardevolle tyd aan bekommer oor wat ons gedoen of nie gedoen het nie.  En as ouderdom vir jou ‘n probleem is, sal dit ‘n probleem wees.  Ek glo eerder dat ons werklik verstanding word na 40, en eers dan werklik kennis en ervaring het om te deel met die veel jonger garde.


Die CV wat aandag trek is die een wat ‘n persoon reflekteer wie eerlik en opreg is oor hul verlede, wie vrede gemaak het met hul foute, en wie bereid is om nuwe uitdagings aan te pak.  Die CV wat twyfelagtig is is die een wat gebrekkige inligting bevat en wat nie werklik die persoon se vaardighede en ervaring uitbeeld nie.

Dit is waarom dit van kardinale belang is dat jou middeljare CV met erns aangepak word en dat jy 100% seker is oor wat dit is wat jy wil doen.  Beplanning is die enigste manier om sukses te waarbord. 
Privaatbeleid
Waarborg
Kopiereg
Siltra Consulting
South African flag
Hoe om die BABBELKOUS in jou brein te stil

Stap 1: Raak bewus van jou denke.

Meeste van die tyd raak negatiewe denke so deel van ons lewens ons besef nie eens meer hoe negatief ons is nie. Wanneer jy bewus raak van jou denke kan jy dit verander. Dit is iets wat jy sal moet aanleer, maar dit is definitief die moeite werd.  So luister na jouself en verander al daardie negatiewe denke na iets wat jou kan help.

Stap 2: Raak bewus van jou manier van praat.

Hoe praat jy elke dag? Luister bietjie na jouself.  Indien jy meeste van die tyd woorde soos - ek kan nie, ek weet nie, ek sal probeer - gebruik, is dit tyd om drasties dinge te verander.

Stap 3: Vergeef en vergeet.

Maak nie saak wat gebeur het nie, vergewe en vergeet.  Indien nie, sal jy die vrugte pluk.  Om met kwade gevoelens rond te loop, vergiftig jy jou eie siel.  Onthou die persoon of persone wat jou te na gekom het, kan heel moontlik nie meer onthou waaroor dit gaan nie, en hulle gaan beslis nie nagte wakker le en hulself kwel oor jou nie.  Wat gebeur het, het gebeur.  Die beste wat jy kan doen is om vorentoe te kyk en die verlede te los waar dit hoort - agter jou.

Sien elke gebeurtenis as ‘n leer proses; al lyk dit nie op die oomblik asof enigiets goeds uit die ondervinding sal kom nie.  Dit is ‘n tyd vir nabetraging en ‘n wonderlike geleentheid om jou lewe te verbeter.

En as jy nog nooit ‘n gelowige persoon was nie, is dit nou tyd om die belangrikste besluit oor jou lewe te neem.  As alles oor en verby is, waar gaan jy opeindig? Dit is tog al wat tel, al wat saak maak. Glo my ek het lank oor dieselfde ding gedink en een ding weet ek verseker -  ek gaan beslis nie die hiernamaals in ongemak verduur nie.  Ek gaan paradys toe, wil jy nie maar saamkom nie?
Ever wondered what life is all about?

Over 400 000 people in South Africa and 13 million worldwide have now attended an Alpha course, an opportunity to explore the meaning of life, running in tens of thousands of churches of all denominations across the world.
Siltra Consulting your professional CV writers
[Tuisblad] [Agter die Skerms] [Advies en Raad] [Bepaal jou toekoms] [CV opstelling]
[Free Evaluation] [Engels] [Waar soek jy werk] [Kontak ons]
[Sê Wat Blog ]